Get Adobe Flash player
Home

Wildheining: Instandhouding en Herstel
 
Direk na die jagseisoen moet u as Boer, tyd inruim om wildheinings na te gaan en die nodige herstelwerkte doen.

Draad roes en breekenlyndrade moet soms weer styfgetrek word (1.37 - 1.50km maksimum vir  staaldraad ) Y-ysterpale en sparre behoort stewig ingeslaan of reggebuig word, en trek-/ lynpale weer ‘n lagie roeswerende verf oorgeverf word. Moet nooit emalje verf op Bitumen / Quattro Cote, of andersom aanwend nie - dit werk glad nie! Bly altyd by dieselfde produk waarmee dit oorspronklik behandel was. Y-ysterpale en sparre word gewoonlik met Quottro Cote behandel.
 
Gebruik slegs volversinkte binddraad waar u herstelwerk aan lyndrade en sparre doen. Toets gereeld die kraguitsetop geëlektrifiseerde heiningsSodanige  heinings is ‘n groot hulpmiddel vir wildboere, mitsdit  behoorlik instand gehou word. Rig ekstra hekke op,vir maklike toegang tot gebiede waar moontlike brande mag voorkom. Pleks vanhekke, kan u ook maklik verwyderbare seksies tussen die y-ysterpaal spasies oprig. Dit is ook nou die ideale tyd om erosie slote met skanskorwe (gabions) te pak voordat die reënseisoen begin.
 
Alle materiaal vir onderhoud is vanaf Chemvet beskikbaar. Skakel Aldon, Madelein, Mark, Jackie of Dalean by 011 437-9000.

Hoe het die staking ons geraak ?
 

Dis die eerste keer in Chemvet se bestaan vanaf 1979 , dat 'n staking ons negatief geraak het!

Daar is berig dat sowat 17000 lede van NUMSA aan die stakings deelgeneem het. Ons het  in  Germiston voorvalle van intimidasie asook geweld gesien. Die arme nie-stakende lede, is met die dood gedreig as hulle sou kom werk.

Nou vra jy, hoe het die staking ons geraak?
Ons het sekere areas vermy , waar ons weet sporadiese voorvalle plaasgevind het. Ons het n draai gery om enige samedromming van mense of voertuie.

Die perseel het vir twee weke soos n grafkelder gelyk , omdat geen aflewerings of ontvangste gedoen is nie.

Daar word tans 24 uur gewerk om agterstallige werk te voltooi , en ons behoort  spoedig weer op skedule te wees! Wat aflewering betref, is ekstra kontrakteurs gehuur om te help met aflewerings.

Goeie diensasook tevrede klante is uiters belangrik vir ons. Ons poog dus, om met bg. stappe gou weer op koers te wees !
 




 

Newsletter Edition 1/2012


News & Views Newsletter

Nuway Award