
By Chemvet is dit nie net vir ons belangrik om aan u as klant, die beste diens, advies en pryse te voorsien nie, maar ook om eerstehandse kennis ten opsigte van die span van heinings op te doen.
Vir dié rede het Chemvet se omheiningsspan in November ‘n plaas buite Modimolle besoek waar Mnr. Lood Swanevelder besig was om teelkampe te span.
Ons het waargeneem hoe om hoekpale en stutte korrek vir die grondtipe te plant, hoe ysterpale in lyn ingeslaan word, staaldrade gespasieër en na die verlangde spanning styfgetrek word, hoe om droppers korrek vas te maak en sifdraad laastens teen die heining vas te maak. Daarna is die hele heining geëlektrifiseer. Bonnox se Danie du Plessis het ook die plaas besoek en gedemonstreer hoe Bonnox suksesvol en sonder moeite opgerig kan word.
Nie alleen het ons die hele spanproses van begin tot einde aanskou nie, maar is ons ook die tang in die hand gestop om prakties ondervinding op te tel. Dis definitief nie grappies om 1km heining per dag kaf te draf nie.
Die opleiding was ‘n groot sukses maar die span het weereens heelhartig saamgestem, dis gemakliker onderdak agter ‘n telefoon, as in die warm Noord Transvaal son.