Get Adobe Flash player
Home
 

U Veiligheid - Ons Prioriteit !!

Sedert die vroeë negentigerjare, het daar 'n verskerpte aanslag op die boer in Suid-Afrika, sy gesin en sy eiendom begin plaasvind, wat oor die laaste twee dekades in alle erns toegeneem het. Plaasveiligheid, en in besonder, die boer en sy gesin se beveiliging teen indringers, het skerp onder die vergrootglas gekom. By Chemvet beskou ons dit as 'n prioriteit dat elke boer sy gesin beskerm en in 'n veilige atmosfeer sy daaglikse take verrig.

Plaasveiligheid behels 'n veel groter begrip as om net 'n alarmstelsel in die huis en honde rondom die opstal te he. Baie boere het 'n hoe heining van doring- of maasdraad om die huis. As dit egter nie gemoniteerd is of aan 'n alarmstelsel gekoppel is nie, kan 'n boosdoener maklik 'n gat daarin knip en deurklim, sonder vooraf waarskuwing.

Daar is 'n persepsie onder sommige boere dat 'n elektriese heining baie duur is.

In vergelyking met ander veiligheidsheinings, is 'n gemoniteerde elektriese heining relatief goedkoop. 'n Sekuriteitstipe diamantdraadheining (64 X 2.5mm Lig Versink) van 1.8m hoogte se materiaal beloop ongeveer R72.00 per meter, teenoor die R 48.00 van 'n elektries gemoniteerde heining wat ook 1.8m hoog is.

Die gemoniteerde sekuriteitsheining is 50 % goedkoper. Die materiaal is dan van die beste gehalte soos swaardiens trekpale en stutte, vol versinkte staaldraad, Mittal ysterpale, internasionaal erkende bekragtigers en topgehalte isoleerders en onderdele. Daar word verder van 'n Securilec ysterpaal gebruik gemaak. Hierdie paal is 15 % swaarder as 'n gewone ysterpaal. Dit het 'n meer konstante gat spasiering en die isoleerder druk deur die paal d.w.s. geen binddraad word benodig om die isoleerder vas te bind nie, en die heining is 'n 100 % sekuur omdat die Iyne nie kan skuif nie.

'n Sekuriteitsheining is egter net effektief indien dit reg gemoniteer word. 'n Alarm moet onmiddellik geaktiveer word indien daar "gepeuter" word met die heining. Die alarm dien nie net as afskrikmiddel nie, maar dit stel jou dadelik in kennis dat daar wel 'n probleem is. Dit kan ook met 'n reaksie-eenheid of 'n Secucell verbind word wat tot vier telefoonnommers skakel om onraad te rapporteer.
Chemvet, wat alreeds sedert 1979 bestaan, is nie alleen leiers op die wild, vee• en sekuriteitsheining arena nie, maar is ook landwyd bekend vir kompeterende pryse op enige staalprodukte.
 


Boere moet hulself beveilig

Uittreksel uit Beeld, Maandag 20 Junie 2011
Boere moet hulself beveilig in die lig van mnr. Julius Malema se uitsprake, wat nou konflik terugbring, het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gister gewaarsku.

Mulder het gesê die klimaat wat deur Malema se uitsprake geskep word, kan net tot meer plaasmoorde en onnodige geweld lei. Daarom doen die VF+ ’n beroep op boere om hulle voorlopig in hul eie belang in landelike beveiligingstrukture te organiseer.
Hy het in ’n verklaring gesê as Malema nie met so ’n oorweldigende meerderheid herkies is as ANC-jeugleier nie, kon sy roekelose stellings oor grond en die nasionalisering van myne geïgnoreer word.

Die vraag is of die afgelope week se ANC-jeugkongres ’n kykie in die toekoms van Suid-Afrika gee en of dit slegs korttermyn- populistiese uitsprake van ’n werklose jeug is wat hul frustrasies op ander (wit mense) projekteer.

Op die kongres het Malema die nasionalisering van die myne voorgestel en oor grondhervorming gesê: “Die enigste oplossing wat nou tot ons beskikking is, is om die grond af te neem sonder enige vergoeding.”
Mulder het gesê die VF+ en die meeste boere sal nie so ’n oplossing aanvaar nie. Met hierdie soort uitsprake neem Malema die land terug na die tydperk voor 1994 toe geweld en selfs die moontlikheid van ’n burgeroorlog deel van die daaglikse Suid-Afrikaanse debat was.
“Daar is geen verskil tussen Julius Malema se standpunte oor grond en die grondbeleid waarmee pres. Robert Mugabe Zimbabwe se ekonomie binne enkele jare vernietig het nie,” lui Mulder se verklaring.

In Zambië, waar die regering die laaste paar jaar private eiendomsreg aanmoedig en vryemarkhervorming suksesvol nastreef, het die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 1994 en 2008 meer as verdriedubbel (in nominale VSA-dollar-terme).
In Zimbabwe, waar ’n beleid van nasionalisering gevolg word, het die ekonomie in dieselfde tydperk met bykans die helfte gekrimp; werkloosheid van 20% tot 80% gestyg; en die lewensverwagting van 60 tot 34 gedaal.


Lood Swanevelder

Wild Omheinings Toe ek jare gelede besluit het om tot die omheiningsbedryf toe te tree, was die span van wildheinings die grootste deel van ons werk. Met die verloop van jare het die veiligheidsfaktor ingetree en dit het vir die boer belangrik geword om in sekuriteit te belê.
 
Die neiging was eers ‘n elektriese draad of twee op die buitegrens, maar het vinning gevorder tot meer gemoniteerde drade. Dit is vandag algemeen om ‘n plaas buite-om te elektrifiseer tesame met ‘n elektriese sekuriteitsheining om die huis om toegangsbeheer toe te pas.
 
Daar was onlangs uitsprake in die media wat navrae na sekuriteitsheinings verdubbel het.  Maar met die nuwe doeltreffende materiaal en energizers op die mark is dit maklik en bekostigbaar om in die kliënte se elektrifiseringsbehoeftes te voorsien.
 
Lood Swanevelder

Newsletter Edition 1/2012


News & Views Newsletter

Nuway Award