Get Adobe Flash player
Home



Die jaar snel weer met 'n drastiese spoed tot ‘n einde. Die afgelope jaar, soos elke jaar vantevore, het sommige hoogte sowel as laagtepunte opgelewer.
 
Laagtepunte sluit in die ekonomiese resessie wat nie gou iets van die verlede gaan wees nie Die Europese geldkrisis en die onbestendige wisselkoers knou Suid-Afrika se ekonomiese 
groeivooruitsigte. Pleks van groei van bykans 4%, word slegs 3% verwag. Ons sien dus nog nie lig aan die einde van die tonnel nie
 
Die jaar is gekenmerk deur staaltekorte, prysverhogings en stakings. Dus was baie besighede genoodsaak om hul deure te sluit.
 
Hoogtepunte was dat klante ook die druk van die resessie gevoel het, maar nogsteeds Chemvet ondersteun het in moeilike omstandighede.
 
Nuwe projekte is aangepak plaaslik, sowel as oorsee en suksesvol voltooi. Daar was reuse uitbreiding by Nuway met byvoeging van nog ses huise.
 
Nuway is aangewys as die beste kontrakgroeier van 2011 deur Afgri Poultry. Chemvet se nuusbrief ‘News & Views’ het die lig gesien, en terugvoer hieruit is uitstekend.
 
Daar  word tans landwye tekorte van omheiningsmateriaal ervaar. Maar a.g.v goeie vooruitbeplanning het ons groot hoeveelhede omheiningsmateriaal in voorraad!  

‘n Terugblik op 2011, bring mens weer tot diepe besef vir soveel seëninge. ‘n Spesiale woord van dank aan ons lojale klante vir julle volgehoue ondersteuning deur die afgelope jaar.
 
Mag u en u gesin die vrede van Christus hierdie Kersseisoen ervaar. 'n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2012 word u toegewens .
 
Ons sien uit om weer besigheid te doen die komende jaar!
 



Attie Smuts, HUB van Chemvet Steel & Fencing, is
passievol oor die instandhouding van wildomheining. "Miljoene rande se skade is verlede winter aan wild, weiding en heinings aangerig.

Baie van dié  skade kon voorkom gewees het as die nodige voorsorg met behulp van voorbrande en chemiese onkruidbeheer betyds gedoen was, " begin Attie.

 
 


Newsletter Edition 1/2012


News & Views Newsletter

Nuway Award